Deur een van ons kliënte te wees, belê jy basies in Karin Swart Versekerings Makelaars. Aangesien jy vertroue het in ons vermoë om advies en verwante produkte te gee, moet jy as kliënt verstaan wat is ons personeel se passie, motivering en dryf in die lewe.
We at Karin Swart Insurance Brokers and Old Mutual AFD Didimata really appreciate our clients. By being one of our clients. you are basically investing in Karin Swart Insurance Brokers. As you are there for trusting us in our ability to give advice and related products, you need to understand what makes us tick. We are therefor going to introduce all our staff members on a weekly basis.
Kwalifikasies: Matriek/ Sertifikaat in Korttermyn versekering – NQF4/RE 5
Qualifications: Matric / Certificate in Short Term Insurance – NQF4/AC 5
Diens jare: Ek het in Mei 2008 by Karin begin werk. Sy was nog deel van Old Mutual PFA waar ons net Mutual & Federal polisse kon skryf. Karin het besluit om ons opsies beter te maak en begin toe Karin Swart Makelaars, en vandag 11 jaar later is ek nog al die pad deel van die goeie keuse. Voor Mei 2008 het ek vir ander adviseurs by Old Mutual gewerk as assistent.
Years of service: I started working with Karin in May 2008. She was still part of Old Mutual PFA where we could only write Mutual & Federal policies. Karin decided to expand our Short-Term book and started with Karin Swart Brokers. Today 11 years later I am still here and proud of what we achieved. Prior to May 2008, I worked for other advisers at Old Mutual as a Personal Assistant.

Beskryf jou gesin: Ek is 8 jaar getroud met my beste vriend & anker Coenie en sal hom vir niks verruil nie. Ek het die beste ouers, my Boetie en Sussie is my alles en was bevoorreg om nog ‘n sussie Ashleigh en ‘n boetie Jason by te kry. Liewe Jesus het my Boetie & skoonsus geseën met die beste geskenk wat enige ouer kan kry, Zayden, en ja, hy is sy tannie se hartklop! Ons is ‘n baie “close” familie wat uit ons pad sal gaan vir mekaar, ons is nie altyd foutloos nie maar probeer altyd die beste uit mekaar bring, ons is op ons gelukkigste as ons saam kan wees.
Describe your family: I have been married to the love of my life and my anchor in difficult times, Coenie, for the past 8 years. I have the best parents, my brother Abrie and sister, Lizie are my everything and I am privileged to have a wonderful brother and sister (Jason and Ashley) in law. Abrie and Ash was blessed with a beautiful boy, Zayden in 2018. I adore Zayden and spend as much time as possible with him – spoiling him is my privilege. We are a very close family that will go out of our way for each other, we are not without flaws, but always try to bring the best out of each other, we are at our happiest when we can spend time together.
Jou goeie kwaliteite: As ek iets aanpak, doen ek dit voluit, / Probeer altyd almal help al beteken dit ek trek aan die kortste end, gee sonder om terug te verwag, gee altyd 2de kanse, luister met ‘n oop hart, kan goed onder druk werk, kan goed geheime hou.
Your good qualities: When I do something, I do it to my best ability / I help others, no matter what the cost / give without expectation / always give second chances / I am good with working under pressure / Secrets are safe with me as I value trust.
Jou slegte kwaliteite: Ek vergewe maar vergeet nie maklik nie, ek oordink meeste van die tyd ‘n situasie, trek heeltemal terug as ek ontsteld is oor iets tot dit my van binne af opeet, ek huil maklik, klein dingetjies upset my soos as mense jou nie kan groet nie.
Your Bad Qualities: I forgive but don’t forget easily / I overthink events / withdraw completely when I’m upset about something until / I cry easily / Small things can upset me like someone not greeting me.
Wat maak jou gelukkig: My man Coenie, my familie & vriende, Zayden sit beslis die huppel in my elke dag se stap, Om naby die mense te wees waarvoor ek lief is en om hulle gelukkig te sien, ander mense soos my familie en vriende se geluk is soms belangriker as my eie. Om ‘n ou kliënt terug te kry na hulle weggegaan het van ons Makelary af.
What makes you happy: My husband Coenie, my family & friends and little Zayden / Being close to the people I love and seeing them happy / To get an old client back after they left our Brokerage.
Wat maak jou hartseer/angstig: Om mense te sien swaar kry, kinders wat nie geliefd is nie en om my familie & vriende hartseer te sien. Mense wat nie besef hoe seer woorde kan maak nie / Mense wat nie waardeer wat jy doen nie / Maak nie saak of jy ‘n miljoenêr is of net R100 verdien nie, ons almal is gelyk, niemand is beter as iemand anders nie – almal verdien ‘n plekkie in die son / mense wat oordeel en nie die hele storie ken nie.
What makes you sad / anxious: To see people suffer / children who are not loved / To see my family & friends sad / People who do not realize how their word or actions are hurting a person / People who do not appreciate what you do / No matter if you are a millionaire or only earn R100, we are all equal, no one is better than the other – everyone deserves a place under the sun / People judging and not knowing the whole story.
Wat behels jou werk: Hanteer van Kommersiële Versekering, nuwe kliënte & bestaande kliënte, kwotasies en hernuwings daarvan. Ek bestuur die korttermyn profiel van Karin Swart en is ook die bestuurder van die kantoor, help Karin met belasting en soms is ek die handyman van die kantoor.
What your job entails: Managing the Commercial Insurance Portfolio – review and meet with new clients & existing clients / Doing Quotes and Renewals / Manage the staff and Office related services /Assist in loading clients Income tax on E-filing / I am the handyman of the office, you will be amazed if you see what I have in my handbag 😊
Watter deel van jou werk geniet jy die meeste: Om te sien hoe ons kliënte basis groei , gelukkige kliënte en om as ‘n span saam te werk.
What part of your job do you enjoy most: Seeing our business expand / happy clients and working together as a team.
Watter deel van jou werk geniet jy die minste: Om kliënte te verloor / Om uit jou pad te gaan vir ‘n kliënt en dit word nie waardeer nie.
What part of your job do you enjoy the least: Losing clients / Going out of your way for a client and it is not appreciated.
Wat is jou drome vir die toekoms: Om elke dag ‘n beter mens te wees as die vorige dag , om ‘n sukses te maak in alles wat op my pad kom, om my familie gelukkig en gesond te sien, om Zayden nog baie te bederf en om te sien hoe hy rugby en krieket speel net soos sy Oom Coenie.
What are your dreams for the future: To be a better person every day than the day before / to be a success in everything that comes my way / to see my family happy and healthy / to spoil Zayden and watch him play rugby and cricket just like his Uncle Coenie.
Wat se Karin van Sonica: Sonica is die Moeder van die kantoor, die fixer, beplanner en uitvoerder. Sonica werk al 10 jaar saam met my. Ja, saam met my en nie vir my nie. Ons is en was nog altyd ‘n gedugte span en saam het ons baie issues oorkom en ‘n besigheid gebou waarop ons verskriklik trots is. Ons werks etiket en waardes is soortgelyk en daarom is dit nooit vir my nodig om oor haar of die res van my span se werk te bekommer nie. Sonica bestuur die korttermyn praktyk foutloos en met toewyding. Sonica dra ‘n groot seer in haar hart en dit is dat sy en Coenie nie self ‘n babatjie kan hê nie. Ek glo egter dat die liewe Vader ‘n plan het om haar groot hart en liefde vir kinders te gebruik soos ons nie kan imagine nie. Verder sorg die kantoor vol vrouens dat daar baie klein lyfies is waarmee sy kan speel en voor lief wees.
What Karin says about Sonica: Sonica is the Mother of the office, the fixer, planner and performer. Sonica has been with me for 10 years. We are and have always been a formidable team and together we have overcome many issues, obstacles and built a business that we are extremely proud of. Our work ethic and values are similar and so I never have to worry about her or the rest of my team’s work. Sonica manages the short-term practice flawlessly and with dedication. Sonica has a big hurt in her heart and it is that she and Coenie cannot have a baby. However, I believe that our Father has a plan to use her passion and love for children to an extend we cannot imagine.