Omvattend – Alle eie ongeluk skade, derde/ander party, diefstal/kaping, hael skade is gedek. Enige iets wat met die motor kan gebeur is gedek BEHALWE meganiese onklaarraking en sluitasie “wear & tear” is nie gedek nie; Die windskerm is ook ingesluit.
Derde party, Brand en Diefstal – Geen eie skade is gedek nie, slegs die derde/ander party se skade, brand en diefstal/kaping is gedek. Die windskerm is nie gedek nie.
Derde party alleen – Hierdie dekking dek slegs die derde/ander party se skade. Niks anders is ingesluit by die dekking nie.
Opsionele
dekking:
Motorhuur – Wanneer die motor in ‘n ongeluk is of gesteel word kan jy ‘n huurmotor kry. Daar is ‘n deposito betaalbaar aan die verskaffer en die motorhuur is beskikbaar vir ‘n tydperk soos gekies op die polis. 30/60 dae.
Krediet tekort – Is vir die bank. Hierdie dek die verskil tussen die versekerde bedrag op die skedule en die uitstaande balans by die bank. Sodra die uitstaande bedrag by die bank minder is as die versekerde bedrag op die skedule kan ons die dekking verwyder, want dan is dit nie meer nodig nie.
Afkoop van basiese bybetaling – Daar is standaard bybetalings van toepassing op alle polisse, hierdie dekking gee jou die opsien om die standaard dekking te verander na R0.00 toe. LW: elke versekerings maatskappy het sy eie voorwaardes vir die dekking.
Wat jy moet weet:
REGISTRASIE NOMMER – Maak asb. seker dit is altyd reg genoteer op die polis.
GEBRUIK: Privaat – Dit is wanneer jy jou motor gebruik om werk toe en terug te ry, winkels to te gaan en vir sosiale besoeke aan vriende of familie. BESIGHEID – Dit is wanneer jy jou motor vir meer as 4 keer ‘n maand gebruik vir werk. Bv. ‘n verkoopsman ry die elke dag rond om nuwe kliënte te kry en bestaande kliënte te diens.
VERSEKERDE BEDRAG: Motors word verseker vir herverkoop waarde (Retail). Huidige waardes is genoteer op die polis skedule.
KREDIET TEKORT: Die meeste versekeraars dek nie meer ballon/res waardes op die motors nie. Indien jy krediet tekort geneem het maak asb. ten minste een keer ‘n jaar seker dat jou versekerde bedrag voldoende is om die motor in geheel af te los by die bank sou daar ‘n afskrywing/diefstal plaasvind.
SLOTTE & SLEUTELS: Maak seker dit is voldoende om jou motor se sleutel te kan vervang. Indien dit nie genoeg is nie kan die bedrag verhoog word vir ‘n addisionele premie.
EKSTRAS: Ekstras moet genoteer wees om dekking te geniet, dit moet ook kan bewys word. (Hou alle strokies van aankoop of installasie). Stel ons in kennis indien jy enige iets anders wil byvoeg.
EIENAAR & BESTUURDER: Indien die geregistreerde eienaar en die gereelde bestuurder nie die versekerde of gade is nie, moet ons in kennis gestel word om enige komplikasies te voorkom met eise.
LISENSIE: Maak seker dat die gereelde bestuurder en sy lisensie besonderhede korrek genoteer is onder elke motor.
ONGELUK: Wanneer jou motor betrokke is in ‘n ongeluk skakel eers die noodnommer om toestemming te kry vir die insleep diens om jou motor te kan sleep. Indien jy die nie doen nie, sal die versekerings maatskappy nie die insleep diens se rekening betaal nie.
GRENSBRIEF:Wanneer jy beplan om die nasionale grens van Suid-Afrika oor te steek moet ons in kennis gestel word sodat die versekerings maatskappy vir jou ‘n grens brief kan uitreik. Indien jy ons nie laat weet nie, kan enige eise moontlik afgekeur word.