Beste klient van Karin Swart Makelaars en Finansiele Advies
As ek die jaar kon uitvee en vir ewig daarvan vergeet, dan sal ek dit doen sonder om te huiwer. Eers het ons gedink 2020 was erg, maar toe word ons oorrompel met 2021 – vol hartseer, verlies, drama, swak diens, voeg maar self by die lys soos jy dit ervaar het.
Ek is dankbaar vir my personeel wat elke dag onder moeilike omstandighede steeds hul bes probeer doen om die standaarde te handhaaf waarvoor ons so bekend is. Niks is meer maklik om te doen nie, Instansies reageer nie op ons opdragte nie, nuwe stelsels wil nie saam werk nie en die frustrasie bou op. As middelman tussen die klient wat goed gedoen wil hê en die Maatskappye, SARS, ens. wat bitter min reageer, het ons die volle woede en ongeduld van kliente getrotseer…. en doen steeds.
Dankie vir lojaliteit, dankie vir geduld en goeie verhoudings. Dankie vir my puik personeel: Sonica, Vicky, Martie, Monique, Leandi en Adeline. Ek wil nie weer so jaar beleef nie, maar as ek moet, dan doen ek dit saam met julle!
Rustenburg Karin Swart Hartenbos

