Deur een van ons kliënte te wees, belê jy basies in Karin Swart Versekerings Makelaars. Aangesien jy vertroue het in ons vermoë om advies en verwante produkte te gee, moet jy as kliënt verstaan wat is ons personeel se passie, motivering en dryf in die lewe.
By being one of our clients, you are basically investing in Karin Swart Insurance Brokers. As you have confidence in our ability to provide advice and related products, you as a client need to understand what our staff’s passion, motivation and drive in life are.
Diens jare: Hierdie jaar is my 12de diens jaar by Karin Swart Makelaars. Ek sê altyd, jy moet lief wees vir wat jy doen, en daarom geniet ek my werk so baie!
Years of service: This year is my 12th year of service at Karin Swart Makelaars. I always say, you have to love what you do, and that’s why I enjoy my job so much!
Die jaar 2020: Wie sou nou kon dink dat ons so warrel wind jaar sou beleef? Ons almal het nog herstel van 2019 se vakansie en ewe skielik steek Covid19 sy kop uit. Die virus het wel baie van ons se oë oop gemaak en dinge laat besef soos; waardeer wat & wie jy het, tyd met familie & vriende is kosbaar, moet nooit net alles van selfsprekend aanvaar nie, beplan as jy kan! Min mense het gedink dat hierdie virus soveel mense se lewens gaan kos, families wat geliefdes verloor, lewens wat om en keer verander word, mense wat hulle werk verloor, ondernemings wat moet toe maak a.g.v van geen inkomste nie en so gaan die lys aan. Wat hierdie hele pandemie my laat besef het is……môre kan jy in ‘n kasteel bly en die volgende dag op straat sit! Moet nooit dink dat iets nie met jou kan gebeur nie, ons almal is net mens en enige iets kan in ‘n oogwink gebeur wat jou lewe van dag na nag toe kan verander! Bly altyd nederig en moet nooit ophou omgee vir jou mede mens nie!
The year 2020: Who would have thought that we would experience such a whirlwind year? We were still recovering from the 2019 holidays and all of a sudden Covid19 sticks its head out. The virus did open many of our eyes and made us realize things like; appreciate what & who you have, time with family & friends is precious, never just take everything for granted, plan if you can! Little did we know that this virus would cost so many people’s lives, families losing loved ones, lives being affected, people losing their jobs, businesses having to close due to no income and so the list goes on. What this whole pandemic made me realize is …… tomorrow you can stay in a castle and next day beg for food & a roof over your head! Never think that something can not happen to you, we are all just human and anything can happen to you that can change your life from day to night! Always remain humble and never stop caring for your fellow man!
Beskryf jou gesin: Ek is 9 jaar getroud met my beste vriend & anker Coenie en sal hom vir niks verruil nie. Ek het die beste ouers, my Boetie en Sussie is my alles en was bevoorreg om nog ‘n sussie Ashleigh en ‘n boetie Jason by te kry. Liewe Jesus het my Boetie & skoonsus geseën met die beste geskenk wat enige ouer kan kry, Zayden, en ja, hy is sy tannie se hartklop! Ons is ‘n baie “close” familie wat uit ons pad sal gaan vir mekaar, ons is nie altyd foutloos nie maar probeer altyd die beste uit mekaar bring, ons is op ons gelukkigste as ons saam kan wees.

Describe your family: I have been married to the love of my life and my anchor in difficult times, Coenie, for the past 9 years. I have the best parents, my brother Abrie and sister, Lizie are my everything and I am privileged to have a wonderful brother and sister (Jason and Ashley) in law. Abrie and Ash was blessed with a beautiful boy, Zayden in 2018. I adore Zayden and spend as much time as possible with him – spoiling him is my privilege. We are a very close family that will go out of our way for each other, we are not without flaws, but always try to bring the best out of each other, we are at our happiest when we can spend time together.
Jou goeie kwaliteite: As ek iets aanpak, doen ek dit voluit, / Probeer altyd almal help al beteken dit ek trek aan die kortste end, gee sonder om terug te verwag, gee altyd 2de kanse, luister met ‘n oop hart, kan goed onder druk werk, kan goed geheime hou
Your good qualities: When I do something, I do it to my best ability / I help others, no matter what the cost / give without expectation / always give second chances / I am good with working under pressure / Secrets are safe with me as I value trust.
Jou slegte kwaliteite: Ek vergewe maar vergeet nie maklik nie, ek oordink meeste van die tyd ‘n situasie, trek heeltemal terug as ek ontsteld is oor iets tot dit my van binne af opeet, ek huil maklik, klein dingetjies upset my soos as mense jou nie kan groet nie.
Your Bad Qualities: I forgive but don’t forget easily / I overthink events / withdraw completely when I’m upset about something until / I cry easily / Small things can upset me like someone not greeting me.

Wat maak jou gelukkig: Die mense wat my hart ken sal weet, om tyd saam Zayden te spandeer maak my hart baie gelukkig! Vandat hy gebore is, sê ek altyd; Liewe Jesus het geweet ek moet iemand soos my eie lief hê en daarom het hy my geseën om Zayden se Tannie te kan wees. Om naby die mense te wees waarvoor ek lief is en om hulle gelukkig te sien, ander mense soos my familie en vriende se geluk is soms belangriker as my eie. Om ‘n ou kliënt terug te kry na hulle weggegaan het van ons Makelary af en om nuwe polisse te skryf
What makes you happy: The people who know my heart will know, spending time with Zayden makes my heart very happy! Ever since he was born, I always say; the Lord knew I must love someone like my own and therefore he blessed me to be Zayden’s Aunt. Being close to the people I love and seeing them happy, other people like my family and friends’ happiness is sometimes more important than my own. To get an old client back after they left our Brokerage and to write new policies
Wat maak jou hartseer/angstig: Om mense te sien swaar kry, kinders wat nie geliefd is nie en om my familie & vriende hartseer te sien. Mense wat nie besef hoe seer woorde kan maak nie / Mense wat nie waardeer wat jy doen nie / Maak nie saak of jy ‘n miljoenêr is of net R100 verdien nie, ons almal is gelyk, niemand is beter as iemand anders nie – almal verdien ‘n plekkie in die son / mense wat oordeel en nie die hele storie ken nie.
What makes you sad / anxious: To see people suffer / children who are not loved / To see my family & friends sad / People who do not realize how their word or actions are hurting a person / People who do not appreciate what you do / No matter if you are a millionaire or only earn R100, we are all equal, no one is better than the other – everyone deserves a place under the sun / People judging and not knowing the whole story.
Wat behels jou werk: Hanteer van Kommersiële Versekering, nuwe kliënte & bestaande kliënte, kwotasies en hernuwings daarvan. Ek bestuur die korttermyn profiel van Karin Swart en is ook die bestuurder van die kantoor, help Karin met belasting en soms is ek die handyman van die kantoor.
What your job entails: Managing the Commercial Insurance Portfolio – review and meet with new clients & existing clients / Doing Quotes and Renewals / Manage the staff and Office related services /Assist in loading clients Income tax on E-filing / I am the handyman of the office, you will be amazed if you see what I have in my handbag 😊
Watter deel van jou werk geniet jy die meeste: Om nuwe polisse te skryf, Om te sien hoe ons kliënte basis groei , gelukkige kliënte en om as ‘n span saam te werk.
What part of your job do you enjoy most: Writing new business, Seeing our business expand / happy clients and working together as a team.
Watter deel van jou werk geniet jy die minste: Om kliënte te verloor / Om uit jou pad te gaan vir ‘n kliënt en dit word nie waardeer nie.
What part of your job do you enjoy the least: Losing clients / Going out of your way for a client and it is not appreciated.
Wat is jou drome vir die toekoms: Om elke dag ‘n beter mens te wees as die vorige dag , om ‘n sukses te maak in alles wat op my pad kom, om my familie gelukkig en gesond te sien, om Zayden nog baie te bederf en om te sien hoe hy rugby en krieket speel net soos sy Oom Coenie.
What are your dreams for the future: To be a better person every day than the day before / to be a success in everything that comes my way / to see my family happy and healthy / to spoil Zayden and watch him play rugby and cricket just like his Uncle Coenie.