Deur een van ons kliënte te wees, belê jy basies in Karin Swart Versekerings Makelaars. Aangesien jy vertroue het in ons vermoë om advies en verwante produkte te gee, moet jy as kliënt verstaan wat is ons personeel se passie, motivering en dryf in die lewe.

By being one of our clients, you are basically investing in Karin Swart Insurance Brokers. As you have confidence in our ability to provide advice and related products, you as a client need to understand what our staff’s passion, motivation and drive in life are.

Beskryf jou gesin:  My gesin is my alles, ons dogtertjie is gebore 30 Januarie 2020 en dit was ʼn groot aanpassing vir ons as gesin.  Ons as nuwe ouers leer elke dag iets nuut en probeer die beste ouers moontlik vir Mellie wees. Dink nie daar is iemand wat my meer ondersteun as my man nie, hy lag saam my en vir my en vee my trane af as ek huil.  Hy is my beste vriend en ek hoop die Here spaar hom nog baie lank vir my!

Describe your family: My family is my everything, our daughter was born on January 30, 2020 and it was a big adjustment for us as a family. We as new parents learn something new every day and try to be the best parents possible for Mellie. I don’t think there is anyone who supports me more than my husband, he laughs with me, at me and he wipe away my tears when I cry. He is my best friend and I hope the Lord spares him for me for a very long time!

Kwalifikasies en jare diens:  Hierdie jaar werk ek nou 7 jaar saam met my ma vir Old Mutual. Ek sal hierdie jaar my NQF5 in Wealth Management klaar maak en hoop om volgende jaar saam met my ma ʼn diploma in ekonomie te doen. Daar is nog baie vir my om te leer, hoe beter my kennis, hoe beter adviseur is ek vir my kliënte.  Ek het in 2019 die Didimata “Growth Excellence” trofee gewen.  Ek hoop om in die toekoms iemand aan te stel wat my kan help met my kort termyn versekering boek en om aan die Millionaires club te behoort.  Dit beteken al my kliënte se premies saam is ʼn miljoen rand of meer.

Qualifications and years of service: This year I have been working with my mom for 7 years at Old Mutual. I will finish my NQF5 in Wealth Management this year and hope to do a diploma in economics with my mother next year. There is still a lot for me to learn, the more knowledge I have, the better advisor I am to my clients. I won the Didimata “Growth Excellence” trophy in 2019. I hope to hire someone in the future who can help me with my short-term book and to belong to the Millionaires club. This means that all my clients’ premiums together are ʼn million rand or more.

Jou goeie kwaliteite: Ek is iemand wat nogal vinnig jammer kry en empatie voel vir slegte omstandighede, vandat my dogtertjie gebore is het ek ʼn sagtheid vir babas en veral die omstandighede waarin babas gebore word in SA. Ek wens ek kon so baie dinge verander en die wêreld beter maak.  Daar is soveel “verkeerd” in ons land en wat aan ons mense gedoen word.

Your good qualities: I am someone who pities other people quickly and feels empathy for bad circumstances, since my daughter was born, I have a soft spot for babies and especially the circumstances in which babies are born in SA. There is so much “wrong” in our country and what is being done to our people.

Jou slegte kwaliteite: My kop en gedagtes is nog steeds my grootste vyand, dit het nog nie verander nie.  Ek oordink dinge en maak dit erger as wat dit is. Ek hou nie van sukkel nie en ook nie as mense nie hul werk doen nie, dit maak my werk moeilik en ek probeer altyd my bes.  Dis frustrerend wanneer iemand maak dat jy nie jou bes kan gee nie.  Ek vergeet nie maklik nie en voel vinnig seergemaak, as ek iets aan myself kon verander sou ek meer “care free” wou gewees het en nie vashou aan dinge nie.

Your bad qualities:  My mind and thoughts are still my biggest enemy; it has not changed yet. I dwell on things and make them worse than they are. I do not like to struggle and also when people don’t do their job, it makes my job difficult and I always try my best. I do not forget easily and feel hurt quickly, if I could change something about myself, I would have wanted to be more “care free” and not stick to things.

Wat maak jou gelukkig:  My man en dogtertjie maak my die gelukkigste, elke dag is ʼn nuwe goeie uitdaging en ek kan nie my lewe sonder hul indink nie. My sussie het 2 klein dogtertjies, hulle bly in Qatar, dit is my grootste begeerte om hulle te ontmoet, dit sal my verskriklik gelukkig maak.

What makes you happy: My husband and daughter make me the happiest, every day is a new good challenge and I cannot imagine my life without them. My sister have 2 little girls, they stay in Qatar, it is my greatest dream to meet them, it will make me extremely happy.

Wat maak jou hartseer/angstig:  Wanneer mense hul eie opinies maak oor jou wanneer hul nie jou of jou situasie ken nie. Ek dink baie keer as mense met my praat dat hulle nie ʼn idee het wat in my hart aangaan nie.  Ek voel hartseer oor baie dinge. Mense en diere wat swaarkry, mense wat skinder en opinies het en oordeel, kliënte wat moontlik ʼn polis wegvat vir ʼn beter premie en ek huil nog steeds as ek Marley and Me kyk.

What makes you sad / anxious:  When people form their own opinions about you when they don’t know you or your situation. I often think when people talk to me that they have no idea what’s going on in my heart. I feel sad about many things. People and animals suffering, people who gossip, their opinions and who judge; Customers that may take away a policy for a better rate and I still cry when I Marley and Me look.

Wat behels jou werk:  Baie administrasie! Ek help kliënte met lewens versekering, kort termyn versekering, testamente, spaar opsies en aftree beplanning.  Dit is vir my baie goed om te sien oor die jare wat ek my werk doen dat meer jong mense begin aandag gee aan die boonste want dit is so belangrik, as dit kom by party dinge soos spaar vir aftrede is daar ‘n TE laat en ons as adviseurs moet dit vir kliënte se as hul nie eendag kan aftree nie.  Dit maak ons sommer negatief, dit is soos ʼn Dr wat vir ʼn pasiënt se familie moet se hy kon niks meer doen nie.

What does your job entail: Lots of administration! I help clients with life insurance, short term insurance, wills, saving options and retirement planning. It’s good to see over the years that more young people are starting to pay attention to the above mentioned because it’s so important, when it comes to some things like saving for retirement there is a TOO late and we as advisors need to tell clients if they cannot retire one day. It makes us negative, it’s like a doctor who has to tell a patient’s family he could do nothing more.

Watter deel van jou werk geniet jy die meeste:  Ek love dit om kliënte te help en om seker te maak hul kry hul goed agter mekaar. Ek slaap saam kliënte beter as alles in orde is!

What part of your job do you enjoy most: I love it to help customers and to make sure they get their stuff together. Me and my clients sleep better at night when everything is in order.

Watter deel van jou werk geniet jy die minste:   Al die administrasie en papierwerk maar gelukkig is Old Mutual besig om paperless te gaan en dit gaan my lewe makliker maak.

Which part of your work do you enjoy the least: All the administration and paperwork but luckily Old Mutual is going paperless and it’s going to make my life easier.

Wat is jou drome vir die toekoms:  Persoonlik: Om nog ʼn babatjie te hê oor ʼn paar jaar dan is ons as gesin kompleet. Om weer te kan reis sal so lekker wees en om moontlik my sussie en haar gesin te kan sien wat in Qatar bly. Ons wil graag ʼn groter huis koop in die toekoms en my man soek ʼn nuwe bakkie, so een soos my pa nou vir homself gekoop het! 😉  Besigheid:  Ek droom altyd oor om die besigheid te groei, my ma doen dit al vir baie jare en sy is so suksesvol, ek wil net so suksesvol wees!

What are your dreams for the future: Personally: To have another baby in a few years then our family will be complete. Being able to travel again would be so nice and possibly being able to see my sister and her family living in Qatar. We would like to buy a larger home in the future and my husband is looking for a new bakkie, one like my father bought for himself! 😉 Business: I always dream about growing the business, my mom has been doing it for many years and she is so successful, I also want to be so successful!