Deur een van ons kliënte te wees, belê jy basies in Karin Swart Versekerings Makelaars. Aangesien jy vertroue het in ons vermoë om advies en verwante produkte te gee, moet jy as kliënt verstaan wat is ons personeel se passie, motivering en dryf in die lewe.

We at Karin Swart Insurance Brokers and Old Mutual AFD Didimata really appreciate our clients. By being one of our clients. you are basically investing in Karin Swart Insurance Brokers.  As you are there for trusting us in our ability to give advice and related products, you need to understand what makes us tick.  We are therefor going to introduce all our staff members on a weekly basis.

Monique & Sergio

Beskryf jou gesin: Ek en my man is getroud in Januarie 2019 en ons verwag ons eerste babatjie saam. Ons gesin is nie sonder foute of probleme nie maar ons is lief vir mekaar en werk saam aan ʼn beter toekoms vir ons kinders en ons self.

Describe your family: My husband and I got married in January 2019 and we are expecting our first baby in February 2020. Our family has the normal struggles, but we love each other and work together for a better future for our families.

Kwalifikasies en jare diens: Ek het matrikuleer in 2007 te Hoërskool Rustenburg.  Daarna het ek natuurbewaring geswot omdat diere my groot passie is. Die salaris as natuur bewaarder is baie sleg en my ma, Karin Swart, het my die geleentheid gebied om by haar span aan te sluit in 2013 as ontvangsdame by Karin Swart Makelaars. Ek het oorgeskuif na Old Mutual Franchise toe vanaf Januarie 2014 en werk nou 5 jaar vir Old Mutual Franchise Didimata saam met my Ma. Beste besluit van my lewe!  Ek is tans ook besig met my NQF5 in Wealth Management. Ek het my RE5 geslaag in 2015 as vereiste vir Old Mutual vir compliance.

Qualifications and years of service: I matriculated in 2007 at Rustenburg High School. After that I studied Conservation as animals are my great passion. The salary as a Nature Conservationist is was so low and my mother, Karin Swart, offered me the opportunity to join her team in 2013 as a receptionist at Karin Swart Brokers. I moved to Old Mutual Franchise from January 2014 and have been working for 5 years for Old Mutual Franchise Didimata with my mother. Best decision of my life! I am also currently working on my NQF5 in Wealth Management. I passed my RE5 in 2015 as a requirement for Old Mutual for compliance.

Jou goeie kwaliteite:  Ek is baie passievol oor enige iets wat ek doen, klein of groot. Ek kan probleme oplos en geniet die uitdaging veral met die werk wat ek doen. Ek is lief vir die mense naaste aan my en sal enige iets doen vir hulle.

Your good qualities: I am very passionate about everything I do and do my best. Orginizing and solving problems goes hand in hand with my job and fortunately I am good at it. My family and friends are dear to me and I will do almost anything for them.

Jou slegte kwaliteite: Ek voel as ek dinge op my manier doen is dit reg gedoen (of dalk is dit ʼn goeie kwaliteit?), Ek is hardkoppig en kan vinnig ontsteld raak oor ʼn situasie.  My kop en gedagtes is my grootste vyand.

Your bad qualities:  I tend to want everything done my way, that is the only “right” way,  I am stubborn and tend to take comments very personal.

Wat maak jou gelukkig:  My man en ons babatjie wat op pad is, dit maak my die gelukkigste. Asook kos en om nie te gaan gym nie.  Ek is onsettend lief vir my 3 honde, Joey, Marven en Mia.  Ek is baie lief vir reis en die gogga het gebyt na Old Mutual ons New York toe gevat het. Ek en my man het sopas ons eerste huis gekoop, ʼn mylpaal vir ons as jong getroude paartjie en ons voel geseënd dat ons dit kan doen. Ek waardeer en tel my seëninge elke dag.

What makes you happy: My husband and our little growing precious baby makes me the happiest.  I love food and NOT having to go to the gym. I love my 3 dogs, Joey, Marven and Mia immensely. I once travelled to New Your and Disneyworld with my Mom ons an Old Mutual Convention and that was when the travel bug bit me. My husband and I just bought our first home, a milestone for us as a young married couple and we feel blessed that we can do it. I appreciate and count my blessings every day.

Wat maak jou hartseer/angstig:  Dieremishandeling is ʼn groot teer punt vir my en diere welsyn lê my na aan die hart.  Hoe jy jou diere behandeling se vir my baie oor hoe jy as persoon is. Ek was die voorsitter by die DBV in my dorp en wat mense aan hul diere doen is erger as moord. Boelies…punt en klaar, hulle maak die wêreld so lelik vir ander! Dat my gesin so ver uitmekaar uit is, my ouers is in Hartenbos, middel sussie bly in Qatar en jongste sussie swot in PE.  Ons is as gesin gewoonlik net saam oor Kerstyd.  Ek hou nie van sukkel nie, soos my pa altyd se, leef denkend!

What makes you sad / anxious: Animal cruelty is a major sad and emotional thing for me.  I tend to value people according to how they treat their animals. I was chairperson at the SPCA in Rustenburg and the cases we handled on animal abuse, shocked me.  Humans can be so very cruel.  Te fact that my family lives all over South Africa sadens me.  My parents are in Hartenbos, one sister lives in Qatar and youngest sister in PE. Christmas is family time and I love us all being together.

Wat behels jou werk:  Ek werk net met Old Mutual en hul produkte.  Ek werk saam met my ma by Old Mutual Franchise wat meestal lewensversekering is.  In die begin was dit net ek en my ma, nou het ons ʼn assistant bygekry, Melisca, wat help met baie van die administrasie werk en ook ontvangs. Ek het ook my eie kort termyn boek wat baie goed doen en is deel van die miljoenêrs klub van Old Mutual Insure.  Ek is ook die kwartaal uitgenooi na my eerste Aviators ete vir Old Mutual Franchise, dit is vir die top 10 adviseurs in jou streek. Ek sien nog altyd hoe my ma gaan en was vir my ʼn groot eer om genooi te word vir my eie produksie.

What does your job entail: I work for Old Mutual Franchise, Didimata and share the office with Karin Swart Insurance Brokers. I share the Old Mutual workload with my mother, Karin.  We mosthly do life cover with benefits and Investment and Retirement planning.  I also have my own Short-Term clientele that is growing rapidly and I am proud to be part of the millionaires club of Old Mutual Insure. I was also invited this quarter to my first Aviators dinner for Old Mutual Franchise, which is for the top 10 advisers in your region. I have always seen my mother go, and it was a great honor for me to be invited as result of my own production.

Watter deel van jou werk geniet jy die meeste:  Wanneer ʼn kliënt by my uitstap na ʼn afspraak en ek weet ek het die beste raad gegee en daardie persoon het ʼn ingeligte besluite geneem om die toekoms vir hom/haarself en gesin beter te maak, vir nou en die dag wat die kliënt sterf. Een van die grootste dele van my werk is oudits en ek is baie trots op hoe dit gedoen word, ons het nooit enige probleme nie.

What part of your job do you enjoy most: After a consultation, knowing that I have given the best advice and that person has made informed decisions. We are often audited on our New Business submissions and I am so proud that it has never been faulted.

Watter deel van jou werk geniet jy die minste:  Ek is eintlik meer ʼn introvert en daarom is dit party dae moeilik vir my om met mense te werk. Ons doen baie papierwerk waarvan ek niks hou nie.

Which part of your work do you enjoy the least: I am actually more of an introverted and therefore it is sometimes difficult for me to work with people. We also do a lot of paperwork that I don’t like.

Wat is jou drome vir die toekoms:  Persoonlik:  Om ʼn goeie mamma en vrou te wees. My gesin kom altyd eerste. Om altyd hoop te hê dat die land waarin my kinders gaan groot word ook goeie aspekte sal hê en dat ons daarop sal fokus en nie altyd die negatiewe nie.  Om nog na baie plekke te reis en die wêreld te sien. Besigheid: Om altyd die beste adviseur te wees wat ek kan wees, een met integriteit en wat altyd die kliënt se belange voor my eie sit. Om altyd ʼn passie te hê vir my werk.

What are your dreams for the future: Personal: Being a good mom and wife. My family always comes first. To always hope that the country in which my children grow up will also have good aspects and that we will focus on the positive things and not the negative. I want to travel to many places and see the world.  Business: To always be the best advisor I can be, one with integrity and who always puts the client’s interests ahead of my own. To always have a passion for my work and life!

Wat se Karin oor Monique:  Aan die lewenskant (Ou Mutual Franchise) is Monique my regterhand. Sy is gretig om te leer en nuwe goed toe te pas.  Monique se werk is van so gehalte dat ons nog nooit probleme met ‘n oudit gehad het nie.  Sy doen haar werk net op een manier, en dit is die regte manier.  As sy jou vriendin is, kan ek jou verseker sy is die mees lojaalste wat jy ooit sal kry, sy sal berge versit om jou te help en by te staan.  Familie is vir Monique baie belangrik en sy hou altyd kontak met almal. Sy is ‘n gebore leier. Sy is ook baie lief vir diere en die buitelug.

What’s Karin about Monique: On the Old Mutual Franchise side, Monique is my right hand. She is eager to learn and apply new things. Monique’s work is of such quality that we have never had any problems with an audit. She does her job just one way, and that’s the right way. If she is your friend, I can assure you she is the most loyal you will ever find, she will move mountains to help and assist you. Family is very important to Monique and she always keeps in touch with everyone. She is a born leader.  She loves animals and outdoor activities.