Deur een van ons kliënte te wees, belê jy basies in Karin Swart Versekerings Makelaars. Aangesien jy vertroue het in ons vermoë om advies en verwante produkte te gee, moet jy as kliënt verstaan wat is ons personeel se passie, motivering en dryf in die lewe.
We at Karin Swart Insurance Brokers and Old Mutual AFD Didimata really appreciate our clients. By being one of our clients. you are basically investing in Karin Swart Insurance Brokers. As you are there for trusting us in our ability to give advice and related products, you need to understand what makes us tick. We are therefor going to introduce all our staff members on a weekly basis.
Kwalifikasies: Ek het gematrikuleer in 2010 by die Hoër Tegniese skool Tom Naude in Pietersburg (vandag Polokwane). In 2011 het ek my sertifikaat gekry in Event Management and conferencing by Damlin Rustenburg. Tans is ek besig met my NQF 5 (hoër sertifikaat) te voltooi deur Milpark in Korttermyn Versekering.
Qualifications: I matriculated in 2010 at Tom Naude High School in Pietersburg (today Polokwane). In 2011, I received my certificate in Event Management and conferencing at Damlin Rustenburg. Currently I am completing my NQF 5 (higher certificate) through Milpark in Short Term Insurance.
Diens jare: Ek het terloops in die versekerings bedryf beland einde 2011. Ek het begin as administrasie assistent vir die verteenwoordigers in die kantoor. Ek het die veld baie interessant gevind en besluit dat ek graag in die versekeringsbedryf wil wees. In 2013 het ek my RE geskryf en is ek aangestel as ‘n verteenwoordiger. Vanaf September 2016 is ek by Karin Swart Makelaars en werk saam met ‘n wonderlike span wat ek vir niks sal verruil nie.
Service years: I started in the Insurance Industry in 2011 as an Administrative Assistant for the Advisors. I found the work very interesting and decided to make a career out of it. In 2013 I wrote my RE and I was appointed as a Representative. In September 2016 I joined Karin Swart Brokers.

Beskryf jou gesin: Ek het met my wonderlike man getroud in 2013 en ons pragtige seuntjie is gebore in 2014. Ek het ‘n klein gesin wat baie geheg is aan mekaar, en ons verlang vinnig na mekaar. Ons hou van kamp (as dit warm is) en vang graag saam vis.
Describe your family: I married my wonderful husband in 2013 and our beautiful boy was born in 2014. We are a small family and very attached to each other. We like camping and fishing.
Jou goeie kwaliteite: Ek is altyd vriendelik en probeer altyd my beste te gee met alles wat ek aanpak.
Your good qualities: I am always friendly and always try to give my best with everything I do.
Jou slegte kwaliteite: Ek raak vinnig omgekrap / Ek is soms baie ongeduldig / Ek is impulsief en sal maklik ‘n vinnig besluit neem wat my later iewers anders gaan benadeel.
Your bad qualities: I get upset quickly / Sometimes I’m very impatient / I’m impulsive
Wat maak jou gelukkig: Om te my familie en vriende gelukkig te sien, om te weet dat hulle veilig en gesond is en ook om suksesvol te wees in iets wat ek aanpak.
What makes you happy: To see my family and friends happy, to know that they are safe and healthy and also to be successful in things I do.
Wat maak jou hartseer/angstig: As dinge wat ons beplan nie altyd vinnig genoeg gebeur nie, of gebeur soos wat ons beplan nie / Wanneer iemand oneerlik is.
What makes you sad / anxious: When things we plan don’t always happen fast enough, or happen the way we plan / Dishonest people
Wat behels jou werk: Ek doen persoonlike kwotasies, wysigings, hernuwing en onbetaalde premies. Ek help ook met kommersiële kwotasies en wysigings. / Ek is ook betrokke by ons sosiale media bladsye op Facebook en Instagram. Ek is ook verantwoordelik om blogs posts te publiseer op ons website.
What does your job entail: I do personal quotes, amendments, renewals and unpaid premiums. I also help with commercial quotes and amendments. / I am responsible for our social media pages on Facebook and Instagram and our Website Blog posts.
Watter deel van jou werk geniet jy die meeste: Om ‘n nuwe polis te skryf / Goeie terugvoer vanaf kliënte te ontvang. / Die posts voor te berei vir ons sosiale media bladsye.
What part of your job do you enjoy most: Writing a new policy / Receiving positive feedback from clients. / Prepare the posts for our social media pages.
Watter deel van jou werk geniet jy die minste: Hernuwings… 😊 Dit is baie admin en neem baie van my tyd op.
What part of your job do you enjoy the least: Renewals … 😊 it is a lot of admin and time consuming.
Wat is jou drome vir die toekoms: Om eendag ook ‘n suksesvolle makelaar en besigheidsvrou (in meer as een veld) te wees. Ek wil dalk eendag ook oorsee gaan, maar ons sal sien wat hou die toekoms presiese vir ons in.
What are your dreams for the future: I would like to be a successful Broker and business woman. / I would love to travel abroad and visit all the wonderful places I hear and read about.
Wat se Karin van Martie: Martie is soos ‘n ligstraal in die kantoor. Sy sing hardop en is altyd vrolik, tussen haar en Melisca kan die ontvangs nogal luidrugtig wees! Haar seuntjie, klein Wouter is bekkig en kostelik. Martie se droom om suksesvol in haar werk te wees is wonderlik en ek sien uit om saam haar in die rol te groei en te sien hoe sy selfvertroue kry en al haar drome waar word. Om hersienings te doen is uitputtende werk en baie admin, maar sy doen elke kliënt se hernuwing met ywer en haar ewige vriendelike stem.
What does Karin say about Martie: Martie is like a beam of light in the office. She sings and is always cheerful, the reception can be quite noisy with her and Melisca singing and chatting! Her little boy, Wouter, is busy and precious. Martie’s dream of being successful in her job is wonderful and I look forward to assist her and see her gain confidence and making all her dreams come true. Doing revisions is exhausting work and a lot of admin, but she does every client’s renewal with zeal and her ever-friendly voice.