Deur een van ons kliënte te wees, belê jy basies in Karin Swart Versekerings Makelaars. Aangesien jy vertroue het in ons vermoë om advies en verwante produkte te gee, moet jy as kliënt verstaan wat is ons personeel se passie, motivering en dryf in die lewe.

By being one of our clients, you are basically investing in Karin Swart Insurance Brokers. As you have confidence in our ability to provide advice and related products, you as a client need to understand what our staff’s passion, motivation and drive in life are.

Nuwe Kwalifikasies:  Ek het in Julie my NQF 5 (hoër sertifikaat) voltooi deur Milpark in Korttermyn Versekering. Ek is super bly, dit is ‘n groot berg van my skouers af om te weet ek is klaar… vir nou.

New Qualifications: I finished my NQF 5 (higher certificate) in Short term Insurance this year in July through Milpark. I am super happy and it’s a big relief knowing I’m done… For now.

Beskryf jou gesin:  Ek het ‘n wonderlike man, ons is die jaar al 7 jaar getroud en 9 jaar saam. Amper ‘n dekade. Ons seuntjie het in Januarie 6 geword en ek kan nie glo hy gaan volgende jaar Gr. 1 toe nie. Die tyd loop te vinnig! Daar is ook ‘n nuwe asempie in die huis, ‘n oulike klein hondjie genaamd Zorro.

Describe your family: I have a wonderful husband, this year we have been married for 7 years and altogether we have been together for 9 years. Its almost a decade. Our son turned 6 in January and I can’t believe he will be going to Gr.1 next year. Time flies! At home we also have a new addition, a cute puppy named Zorro.

Wat maak jou gelukkig:  Om my familie en vriende gelukkig te sien, en om te weet dat hulle veilig en gesond is. Ook om suksesvol te wees in iets wat ek aanpak.

What makes you happy: To see my family and friends happy, to know that they are safe and healthy and also to be successful in things I do.

Wat maak jou hartseer/angstig:  As dinge wat ons beplan nie altyd vinnig genoeg gebeur nie, of gebeur soos wat ons beplan nie. Die COVI19 virus, het ons almal se senuwees opgejaag, maar hoe langer ons hiermee toe doen het hoe meer wens ek dit was al verby.

What makes you sad / anxious: When things we plan don’t always happen fast enough, or happen the way we plan. The COVI19 virus, has all of us in a panic mode, but the longer we are dealing with it the more I wish it was over already.

Wat behels jou werk: Ek doen persoonlike kwotasies, wysigings, hernuwing en onbetaalde premies. Ek help ook met kommersiële kwotasies en wysigings. / Ek is ook betrokke by ons sosiale media bladsye op Facebook en Instagram. Ek is ook verantwoordelik om blogs posts te publiseer op ons website.

What does your job entail: I do personal quotes, amendments, renewals and unpaid premiums. I also help with commercial quotes and amendments. / I am responsible for our social media pages on Facebook and Instagram and our Website Blog posts.

Watter deel van jou werk geniet jy die meeste:  Om ‘n nuwe polis te skryf / Goeie terugvoer vanaf kliënte te ontvang. / Die posts voor te berei vir ons sosiale media bladsye.

What part of your job do you enjoy most: Writing a new policy / Receiving positive feedback from clients. / Prepare the posts for our social media pages.

Watter deel van jou werk geniet jy die minste:  Om polisse te verloor.

What part of your job do you enjoy the least: Losing policies.

Wat is jou drome vir die toekoms:  Ek wil graag ‘n suksesvolle makelaar en besigheids vrou wees. Ek wil graag fokus op kommersiële besigheid. Daar is altyd iets nuuts en interessants.

What are your dreams for the future: I would like to be a successful broker and business woman. I want to focus on commercial business. There’s always something new and interesting.