Wat is huisinhoud? Dit is alle persoonlike items en meubels wat jy saam neem wanneer jy verhuis. .
Versekerde gebeure: Skade a.g.v. storm, wind, water, hael, brand, ontploffing, weerlig, kragstuwing, aardbewing, en diefstal (met tekens van inbraak) ens. is gedek. SKADE aan items a.g.v. ouderdom, daaglikse gebruik en slytasie is nie gedek nie.
Selfone: moet gespesifiseer wees onder Alle Risiko om dekking te hê. Selfone is nie outomaties gedek nie!
Lapa/Grasdak: Onderhoud moet ten minste elke 3 tot 5 jaar gedoen word op lapas/grasdakke asook op SABS weerligafleiers. Hou bewyse van alle onderhoud wat gedoen word.
LAPA INHOUD: Neem kennis dat daar GEEN dekking is vir enige elektroniese toerusting & items in ‘n oop lapa nie.
Verhuising: Wanneer jy verhuis moet ‘n professionele meubelvervoer maatskappy gebruik word. Skade aan die huisinhoud wat opgedoen word met die trek is nie gedek nie. Die maatskappy sal wel dekking gee as die meubelvervoer maatskappy se voertuig omslaan, brand, in ‘n ongeluk betrokke is of gesteel/gekaap word.
Gasstoof: ons benodig die installering sertifikaat met die installering van ‘n gasstoof en ook bewyse van enige instandhouding wat gedoen is.
GOEDERE IN DIE OPE: Is nie meer gedek onder die polis nie. Items moet gebêre word en daar moet sigbare tekens vir gewelddadige in/uitbraak wees.
WAT AS JOU HUIS VANAAND AFBRAND? Is jou versekerde bedrag voldoende om jou huisinhoud te vervang?
Inventaris – Maak seker dat die versekerde bedrag vir die huisinhoud voldoende is, om probleme met eise te voorkom. ‘n Inventaris sal julle bystaan om die korrekte waarde te bepaal. (Vra gerus die kantoor om vir jou een aan te stuur)
BEWYS VAN EIENAARSKAP – hou bewyse van strokies, kwitansies ens. As daar ‘n eis is moet jy kan bewys dat die items waarvoor jy eis joune is. Foto’s van die items word nie meer aanvaar as genoegsame bewyse nie.