WAT AS JOU HUIS VANAAND AFBRAND? Is jou versekerde bedrag voldoende om die struktuur te herbou?
Maak seker die versekerde bedrag (en wat dit insluit) vir die geboue is voldoende om te voorkom dat awery (onder versekering) toegepas word op enige toekomstige eise. Daar is ‘n groot verskil tussen munisipale waardasies, waardasies om eiendomme te verkoop en waardasies om eiendomme te herbou. Die vervangingswaarde van u eiendom moet gebaseer wees op die huidige herboukoste plus enige verwante koste, byvoorbeeld: sloop, verwydering van puin en skoonmaak van die werf, professionele fooie soos byvoorbeeld ingenieurs, argitekte, projekbestuurders en moet ook voldoen aan die huidige nasionale of plaaslike bouregulasies en ander wetgewing.
Versekerde gebeure: Skade a.g.v. storm, wind, water, hael, brand, ontploffing, weerlig, kragstuwing, aardbewing, en diefstal (met tekens van inbraak) ens. is gedek. SKADE aan items a.g.v. ouderdom, daaglikse gebruik en slytasie is nie gedek nie.
Lapa/Grasdak: Onderhoud moet ten minste elke 3 tot 5 jaar gedoen word op lapas/grasdakke asook op SABS weerligafleiers. Hou bewyse van alle onderhoud wat gedoen word.
WENDY-HUIS: ‘n Wendy huis moet toegesluit word met ‘n slot om diefstal dekking te kan geniet en daar moet fisiese bewyse wees van geweldige inbraak.
Woonstelle/Lapas/Wendy huise: Strukture wat nie vas aan die huis is nie moet apart gespesifiseer wees.
Onbewoonde/Leë Geboue: Sodra ‘n gebou onbewoon/leeg is stel ons asb. onmiddellik in kennis sodat ons dit op die polis kan noteer om enige komplikasies met toekomstige eise te voorkom.
Indien daar enige Boorgat pompe, Swembad pompe, Elektriese hek motors, Vaste lugverkoelers, Son panele of enige energie besparende stelsels deel vorm van die gebou/perseel stel ons asb. in kennis. Die waarde van hierdie items moet by die versekerde waarde van die geboue ingesluit word.
Verbeterings / aanbouings: Ons moet in kennis gestel word van enige veranderinge wat aangebring word aan die gebou wat die risiko verander.
Instandhouding van gebou: Dit bly die kliënt se verantwoordelikheid om gereeld instandhouding op die dak en struktuur te doen. Hou ook alle bewyse daarvan. Eise kan afgekeur word daarsonder.