Wat jy moet weet:

  • Items wat gespesifiseer moet wees om dekking te hê
    (Alles wat jy saam met jou uit die huis neem): Selfone, Skootrekenaars, iPods, iPads, Tablette, Kameras, Juwele, Versamelings, Sporttoerusting (insluitend ‘n golf stel, krieketstel, ens.) Fietse, Vuurwapens & mediese toerusting (insluitend voorgeskrewe brille, gehoorstukke, ens.) Inhoud van karavane & 4×4 sleepwaens.
  • Fotografiese toerusting – Kameras, lense ens. Is slegs gedek vir privaat gebruik. Sodra die items gebruik word om ‘n inkomste te verdien is daar geen dekking op die polis nie. Indien dit die geval is, stel ons asb. in kennis sodat ons na alternatiewe versekering kan kyk.
  • BEWYS VAN EIENAARSKAP – hou bewyse van strokies, kwitansies ens. As daar ‘n eis is moet jy kan bewys dat die items waarvoor jy eis waarlik joune is. Foto’s van die items word nie meer aanvaar as genoegsame bewyse nie.
  • Alle juwele moet elke twee jaar nuwe waardasiesertifikate kry as bewys van eienaarskap. GEEN NUWE waardasiesertifikaat = GEEN EIS. Dit beteken dat jy premie betaal vir ‘n item waarvoor jy nie gaan kan eis nie.
  • Juwele wat nie gedra word nie moet in ‘n kluis gebêre word.
  • Skootrekenaars (Laptops) – Versekerde bedrag moet die rekenaar, sagteware & bybehore insluit.
  • DRONES – Daar is GEEN DEKKING vir toevallige/ongeluk skade & aanspreeklikheid vir die items nie!
  • Remote Jamming – Daar is GEEN eis vir items wat uit jou motor gesteel word sonder BEWYSE van inbraak is! Moenie waardevolle items in jou motor los nie en maak seker dat jou voertuig gesluit is. Items in jou voertuig moet altyd buite sig gebêre word (bv. in die kattebak of in die paneelkissie) om verlies te voorkom.
  • Geld is nie gedek nie.
  • Kragopwekkers – Kragopwekkers moet gereeld in stand gehou word, daar moet ook rekord gehou word van die onderhoud/dienste wat op die item gedoen word. As die kragopwekker buite gestoor word moet dit toegesluit wees in sy eie hok met ‘n slot, indien nie is daar geen dekking vir diefstal nie.